R100.00
Ds. Solly Ozrovech: Saam met al die geestelike treffers wat hulle reeds die lig laat sien het, publiseer WoordVerspreiding nog ’n treffer: God se Hand Agter Alles. Dis ’n tydige vertaling van A.W. Pink se The Sovereignty of God. Dis ’n aangrypende boek waarin jou vingers haastig sal wees om van die een bladsy na die ander te snel. ’n Boek wat in ons tyd gelees móét word!
Uittreksels uit sommige kommentare:
Dis in elke-dagse, maklik verstaanbare Afrikaans geskryf. In hierdie tyd waar soveel fundamentele waarhede van ons geloof bevraagteken word, is dit erg genoeg dat die magte van die Bose dit doen, maar as dit gedoen word deur gerespekteerde teoloë en leraars, is dit ’n droewige dag. Maar God hou self Sy Kerk in stand! Een van die nederige instrumente wat Hy daarvoor gebruik is hierdie aangrypende boek wat weer sin en ewewig bring in die stryd van die Kerk.
Die inhoudsopgawe gee ’n duidelike aanduiding van waaroor die boek gaan en laat ’n mens opgewonde om die boek te lees: • Die soewereiniteit van God en die twyfelvrae van ons tyd. • ’n Definisie van die soewereiniteit van God. • Die soewereiniteit van God en die Skepping. • Die soewereiniteit van God en die onderhouding van Sy Skepping. • Die soewereiniteit van God en verlossing. • Die soewereiniteit van God in werking. • Die soewereiniteit van God en die wil van die mens. • Die soewereiniteit van God en gebed. • Ons gesindheid oor die soewereiniteit van God. • Die waarde van die leer oor die soewereiniteit van God.
Dis ’n aangrypende boek waarin jou vingers haastig sal wees om van die een bladsy na die ander te snel. ’n Boek wat in ons tyd gelees móét word! Baie gelowiges sien die lewe soos ’n skaakspel waar God en die satan mekaar probeer uitoorlê met hul skuiwe. NEE! Hierdie boek bewys dat die satan net een van die pionne is! God is Alleenheerser oor alles wat Hy geskep het – elke enkele ding.
Is God in beheer? • God beheer die mens en die natuur • God beheer die geskiedenis • God se soewereiniteit en ons gebede • Die voordele van God se soewereiniteit
Resensie
Vir my kan hierdie titel tweërlei wees:
God se Hand agter Alles! (met ‘n uitroepteken) en net so ook
God se Hand agter Alles? (met ‘n vraagteken)
Beide knelsinne. Kwelsinne. Debatterende sinne. Veral in ons tyd. Is God se Hand inderdaad agter alles? Of anders gestel: Is dit God se Hand wat agter alles sit?
Ironie is dat Christene oor baie eeue heen al hiermee worstel. AW Pink gee hier briljant antwoorde op ons vrae. Hierdie Afrikaanse vertaling lees soepel en baie gemaklik. Hedendaags.
Baie mense het ‘n ‘Boeke wat ek moet lees’-lysie. Hierdie boekie verdien ‘n ereplek op daardie lysies. Vele knelpunte word Bybelgefundeerd beantwoord en die gerusstelling en waarde wat ek hieruit put is onvervangbaar. Ek voorsien dat ek hierdie boekie as verwysing en ‘naslaanwerk’ nog menigmaal gaan nadertrek!
‘n Punt uit 5? Verseker volpunte!
Ook beskikbaar in Engels: The Sovereignty of God
You must be logged in to post a review.
Reviews
There are no reviews yet.