default logo

Die uitnemende weg oor jou GELD

Die uitnemende weg oor jou GELD

Deur Josef coetzee

Die Woord van God se riglyne oor geld en besittings is soms net mooi die teenoorgestelde van wat ons oor geld sou dink.

INLEIDING

Geld oorheers ons gedagtes in ‘n groot mate: Hoeveel ons het, gaan verdien, spandeer, spaar, benodig, ens. Geld is by uitstek die simbool van mag en geluk in die wêreld en is seker die vernaamste middel wat gebruik word om mense van God af weg te trek. In ons samelewing heers daar ’n mens-gerigte atmosfeer waarvan die invloed só subtiel is dat ons dit meesal nie agterkom nie. Dit is ’n onophoudelike versoeking tot wêreldgesindheid, sodat die onderskeid tussen die gelowiges en ongelowiges al hoe onduideliker word.

Onbewustelik beskou die meeste Christene hulself as arm, want elke maand is daar te min geld om al die uitgawes te dek. Daarom moet ons meer verdien, en om meer te verdien, moet ons harder en meer werk om die behoeftes wat die advertensiewese by ons skep te kan koop. So kry die ekonomie ’n greep op ons. So word die meeste van ons tyd en energie aangewend om hierdie bose kringloop te voed.

Jesus se woorde in Mat 6:24: “Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. … Julle kan nie God én Mammon dien nie”, is aan Sy volgelinge gerig. Die mag van die materiële en die ekonomie was in Jesus se tyd nog nie so erg soos vandag nie, tog beskryf Jesus dié mag in skrikwekkende terme. Van Christus se volgelinge wou Yahweh dien, maar wou darem vir hulself ook ’n goeie lewe verseker. Jesus sê hierdie mag is groter en gevaarliker as wat jul dink: Hy is soos ’n ander god, hy hinder jou nie net in jou toewyding aan God nie, maar kan jou later selfs van God af laat wegdraai!

LAAI E-BOEK AF

  • Posted by Josef Coetzee
  • on October 30, 2019
  • Comments are off
  • eBoeke ,
Read More