default logo

Seks

Seks Beginsel 1

Daar’s ‘n spreekwoord wat sê dat as twee goeie vriende eers baklei het, hul vriendskap nooit weer sal herstel nie…. Behalwe as hul getroud is!

Dis ‘n waarheid wat oordenking verdien. Wat het getroudes dan wat so besonders is ekstra wat vriende nie het nie?

Seks natuurlik!

Wow! As dit so is, moet mens tog hierdie ding wat vriendskappe in stand kan hou miskien in  detail ondersoek sodat ons sy ‘magiese’ eienskappe kan aanwend om ons huwelike nie net in stand kan hou nie maar dalk nog beter kan maak?

Vir my is daar geen twyfel dat God hierdie ding aan ons gegee het sodat ons met die ander geslag blywend oor die weg kan kom nie. Daarom die klomp voorskrifte daaroor in die Bybel en daarom ook hoekom die satan spesifiek hierdie ding so maklik afbrekend aanwend nie.

Een van die belangrikste eienskappe van seksuele kontak is die afhanklike aard daarvan. Mens word met ‘n onbedwingbare band gebind aan die persoon met wie jy seks deel. Selfs al is dit net wedersydse masturbasie, veral in die begin van ‘n verhouding. Ek vermoed dis hoekom God seksuele kontak verbied tussen mense wat hul nie eers aan mekaar toegewei het nie.

Paartjies wat seks voor die huwelik beoefen vorm hierdie magiese onsigbare band tussen hulle. Sou hul dan later, soos wat die verhouding vorder, dalk agterkom dat hul te veel verskil en eintlik die verhouding behoort te beëindig, kan hul dit nie doen nie vanweë die afhanklikheidsband wat met seks opgebou is.

Wanneer so ‘n paartjie dan trou, val die huwelik dan dikwels uitmekaar Les 1: As jy ongetroud is, oppas vir hierdie binding.

Beginsel 2: As jy getroud is, gebrúik hom. Gebruik hom oor en oor. Maksimaal! Veral deur die sagter persoon in die verhouding. Hier is dinamiet!

‘n Interessante ware ervaring illustreer hierdie punt:

‘n Objektiewe man vertel dat dit soms gebeur dat wanneer hy en sy vrou woorde het, dit in gevalle so is dat hy, die man, werklik reg is en sy vrou die een is wat onredelik is.

As sy vrou dan nie wil toegee nie, volg die bekende stilstuipe (wat ons almal ken).

Soms maak hul binne dag vrede, maar soms gaan dit aan.

Dan, op dag drie, gebeur daar ‘n snaakse ding. As hul dan die aand so dikbek-dikbed in die bed klim, is dit nie lank nie, dan soek hy half teen sy wil, seksuele toenadering!

Dit maak dan glad nie meer vir hom saak dat hy reg is in die argument nie, solank hy net seks kan hê! En agterna is hy heel tevrede om te vergeet en te vergewe!

Die vrou wat hierdie almagtige wapen ken en aanwend, het ‘n magiese, onverstaanbare mag oor haar man! Mens kan amper sê sy kan hom beheer en hanteer net soos sy wil!

Dinamiet!

‘Toorkrag’!

Ek sukkel om my seksuele begeertes te demp, of om dit so aan te wend dat ek God ook hierin altyd sal eer.

Indien jy nie met sulke begeertes worstel nie, moet asb nie verder lees nie want jy sal nie werklik begryp hoekom ek skryf wat hier volg nie.

In my lewe is daar primêr een plek waar ek redelik kan verstaan wat Paulus in Rom 7:15 bedoel: ‘Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.’ (Probeer dalk nuwere vertaling?) Ek wil God werklik dien en eer en aanbid en loof en gehoorsaam en liefhê, maar so gereeld kom daar in my gedagtes by my op waarop ek nie hoef uit te brei nie (indien jy tot hier gelees het sal jy weet….)

Konsultasies met Paartjie op Trou

  1. Julle gaan beslis skei, dis die default….

Behalwe as jul hard daaraan werk om nie te skei nie.

  1. Sinergisme: 1+1 = 3
  2. Leer om te baklei. Dis deel van enige verhouding. Ek is vír jou, en nie vir jou. Gaan loop ‘n draa, maar sê hoe lank jy gaan wegbly. Moenie jou maat beledig deur net weg te loop nie.
  3. Die sukses vd huwelik is afhanklik van die man. Omdat ‘n man met sy kop dink
  4. Mnr: Programmeer jou foon of jou dagboek om op ‘n gereelde grondslag vir jou ‘n klein geskenkie te gee: Blomme, ‘n blaartjie, takkie, klippe, sjokolade, ens
  5. Volg hierdie lesing op oor 3 jaar. Gaan elke 3 jaar op ‘n huweliks-verykings-seminaar.
  6. Na watter kerk toe? Hoe gereeld? Huiswerk
  7. Gesamentlike stiltetyd. Huiswerk. Soggens of saans? Besluit watter boeke julle gaan deurwerk. Bagin die 2de dag na jul troue.
  8. Tradisionele raad: Leer om op te hou om slordig, ens, ens, te wees. Dit werk nie.Spits jul eerder daarop toe om iets te doen waarvan die ander een hou. Stel ‘n lys op as huiswerk
  9. Baklei: Bly mekaar in die oë kyk. Vra toestemming om weg te loop. Maar kom weer terug. Sien Benna se resep vir om te hoor en gehoor te word. En Gesprekreëls.

 

 

  • Posted by Josef Coetzee
  • on October 28, 2019
  • Comments are off
  • Articles ,
Read More