default logo

Charlie Coulson – Die Tamboerslaner

Charlie Coulson - Die Tamboerslaner deur ML RossvallyCharlie Coulson – Die Tamboerslaner

Deur Dr. M.L. Rossvally

Die verhaal speel af teen die agtergrond van die Amerikaanse Burgeroorlog. Hierdie ware verhaal wat direk uit die slag van Gettysburg Pennsylvania (1ste tot die 3de Julie 1863) voortgespruit het, is vir meer as ’n honderd jaar ’n bron van inspirasie. Dit kom uit ’n boek, saamgestel deur SB Shaw, wat in 1884 gepubliseer is.

’n Vergeelde boekie wat meer na ’n traktaatjie gelyk het as na ’n boek, het in ons huis beland en het lank onder in ’n boks in ons buitekamer gelê. Op ’n dag het ons besluit om orde te skep. In die proses het ons op die boekie afgekom. My man het besluit om eers die boekie deur te blaai voor hy dit weggooi. So is verseker dat die skat wat in ons stoor gelê het, ons harte bereik.

Hierdie boekie is die aangrypende getuienis van dr. ML Rossvally, snydokter in die Verenigde State se weermag tydens die Amerikaanse Burgeroorlog wat in die laaste helfte van die negentiende eeu, 3 Junie – 13 Julie 1863, plaasgevind het. Dit het in boekvorm verskyn onder die titel:

CHARLIE COULSON – The Drummer Boy

Die reaksie van almal aan wie ek hierdie boekie gegee het om te lees, was genoeg rede vir my om hierdie werk in Afrikaans te vertaal. Almal (jonk, oud, liefhebber en nie-liefhebber van lees) het getuig daarvan dat hulle die boekie nie kon neersit voordat hulle dit gelees het nie. Ek wil beslis gehoor gee aan die versoek om hierdie werk beskikbaar te stel aan elkeen wat kan lees.

Lees dit. Jy sal verseker nie spyt wees nie!

 

[file_download style=”2″][download title=”Charlie%20Coulson%20%E2%80%93%20Die%20Tamboerslaner” icon=”style1-Pdf-64×64.png” file=”http://woordverspreiding.co.za/wp-content/uploads/2016/02/Charlie_Coulson_-_Die_Tamboerslaner_deur__M.L._Rossvally.pdf” package=”” level=”” new_window=”Y”]Deur%20Dr.%20M.L.%20Rossvally%3Cbr%2F%3EDie%20verhaal%20speel%20af%20teen%20die%20agtergrond%20van%20die%20Amerikaanse%20Burgeroorlog.%20Hierdie%20ware%20verhaal%20wat%20direk%20uit%20die%20slag%20van%20Gettysburg%20Pennsylvania%20(1ste%20tot%20die%203de%20Julie%201863)%20voortgespruit%20het%2C%20is%20vir%20meer%20as%20%E2%80%99n%20honderd%20jaar%20%E2%80%99n%20bron%20van%20inspirasie.%20Dit%20kom%20uit%20%E2%80%99n%20boek%2C%20saamgestel%20deur%20SB%20Shaw%2C%20wat%20in%201884%20gepubliseer%20is.[/download][/file_download]
Read More
  1. Josef Coetzee

    Werklik aangrypende verhaal wat wys hoe God lewens verander!

  2. Esta Jefferies

    ‘n Aangrypende verhaal! Lees dit gerus, jy sal nie spyt wees nie.
    So sal ons met groter vrymoedigheid die Evangelie van Jesus Christus deel met alle mense; Jode ingesluit.

  3. Ansi van der Westhuizen

    Baie bly ek het die boekie raakgeloop. Moeite werk om te lees.