default logo

Oor WoordVerspreiding

DS SOLLY OZROVECH SE KOMMENTAAR:

Een van ons geliefde professore op Universiteit het met sy afskeidsboodskap aan ons klas ‘n waarheid kwytgeraak wat ‘n onuitwisbare indruk op my gemaak het en my lewe lank by my gebly het: “1. Lees! 2. Lees! 3. Lees!” Dit wil vir my voorkom asof ons mense baie minder lees – as gevolg van die rekenaar, die TV, die rolprent en die media.

In ‘n eerbare poging om hiedie leemte reg te stel, het “WoordVerspreiding: Die Uitgewers met ‘n Missie” reeds talle prominente geestelike boeke vertaal vir beide volwassenes en kinders. Hulle lewer vir ons boeke van gehalte, wat teologies korrek is en wat in soepele, byderwedse en verstaanbare Afrikaans geskryf is en voorsien word teen bekostigbare pryse.
Soli Deo Gloria
Solly Ozrovech
Read More